Hoofkantoor: Hugenote Vereniging van Suid-Afrika
(Sekretaresse: Me Amelia Wolmarans)
Posbus 293, Franschhoek 7690, Suid-Afrika
Tel: (27)(21)876-2598; Faks: (27)(21)876-3649
E-pos:
Aktiwiteite van die Hugenote-Vereniging:
Die Hugenote-Vereniging van Suid-Afrika is op 12 Maart 1953 gestig, en beywer hom vir die bewaring en uitbouing van die Hugenote erfenis deur:
- die Hugenote Monument en Museum te Franschhoek in stand te hou;
- die besef van die betekenis van die Hugenote se vestiging in Suid-Afrika lewend te hou;
- die navorsing van ons Hugenote-verlede veral ten opsigte van geskiedenis en ondersteuning van genealogiese navorsing;
- ‘n omvattende navorsingsentrum en interaktiewe elektroniese genealogiese navorsingsargief by die Hugenote-gedenkmuseum in Franschhoek beskikbaar te stel aan genealogiese navorsers;
- die publikasie van genealogieë van Suid-Afrikaanse families van Hugenote-afkoms te onderneem;
- skakeling tussen genealogiese navorsers van vanne van Hugenote-afkoms te fasiliteer; vir ‘n lys van navorsers, klik hier;
- die aanmoediging van die bewaring, bekendstelling en finansiering van Hugenote-erfstukke in die Hugenote Gedenkmuseum in Franschhoek; en
- die organisering van herdenkingsbyeenkomste.
- verbinding te soek met Hugenote-verenigings in die buiteland.
Gedenk-posseëls vir die 250ste herdenking van die koms van die Hugenote na die Kaap van Goeie Hoop,
uitgegee op 17 Julie 1939

Hugenote gedenk-posseëls en -stempel vir die 300ste herdenking van die koms van die Hugenote na die
Kaap van Goeie Hoop, uitgegee op 13 April 1988
Gereelde aktiwiteite:
- HUGENOTE-BULLETIN: Sedert 1953 publiseer die Hugenote-Vereniging van SA elke jaar in September 'n Hugenote-Bulletin waarin lede se navorsing en veral genealogiese artikels vervat is. Die redaktrise is . 'n Indeks van artikels wat in die Hugenote-Bulletin 1-52 omnibus verskyn het, kan afgelaai word deur hier te klik. Vir besonderhede oor 'n kompakskryf wat alle uitgawes van die Hugenote-Bulletin van 1963 - 2004 bevat, klik hier .
- AJV: Tydens Hervormingsfees (die laaste week van Oktober elke jaar) vind die Algemene Jaarlikse Vergadering van lede in Franschhoek plaas. 'n AJV vir noodelike lede word kort hierna in Pretoria gehou.
- Die Hugenote-Vereniging publiseer genealogieë van Suid-Afrikaanse families met Hugenote-vanne in sy Genealogiereeks, en stel DVD's en CD's vry van videos en musiekopnames; vir 'n lys van beskikbare produkte klik hier.
2018-19 Bestuur van die Hugenote-Vereniging: voor: proff Christo Viljoen; Pieter Coertzen, dr
Andrew Kok (voorsitter); me Hylie Pienaar, mnr Hanke Fourie (Ondervoors: Noord): agter mnre Eugene du Toit; Gawie Groenewald (Ondervoors. Suid); Albert Eksteen; Dennis Malan; Paul le Roux
Lidmaatskap van die Vereniging is oop vir almal wat hulle met die doelstellings van die vereniging vereenselwig en voldoen aan die vereistes van die grondwet van die Vereniging. Lidmaatskapgelde is soos volg:
- Lewenslid (binnelands in SA): R600 eenmalig
- Korporatiewe lid (binnelands in SA): R1 000 eenmalig
- Buitelandse lewenslid: VSA $200 eenmalig
U kan 'n aansoekvorm vir lidmaatskap van die Hugenotevereniging van SA aflaai deur hier te klik. 'n Pamflet oor die werksaamhede van die Vereniging (en aansoekvorm) kan afgelaai word deur hier te klik.
Skakels
Blog: Hugenoot 300 (drie-eeusfees van die aankoms van die Hugenote in Suid-Afrika) The Huguenot Society of Great Britain and Ireland
The National Huguenot Society (USA)
Huguenot Historical Society (New Palz, USA)
The Huguenot Society of America
The Huguenot Society of South Carolina
Deutsche Hugenotten-Gesellschaft e.V.
The Huguenot Society of Australia
Musée du Désert
|