TYDLYN VIR DIE HUGENOTE
Dr Andrew Kok
Klik op skakels vir meer inligting
31 Oktober 1517 Martin Luther sit sy 95 leerstellinge teen die deur van die Kasteelkerk in Wittenberg vas.
.
Herfs 1533 Johannes Calvyn se bekering “Deur ‘n plotselinge bekering het God my siel tot gewilligheid onderwerp”

1533 Johannes Calvyn vlug uit Parys na sy hulp met die evangelies-klinkende rede van die Rektor
1534 Na die Affaire des Placards (Die “gebeure van die pamflette” teen die Rooms Katolieke Mis) vlug Calvyn uit Frankryk na Genève

29 Januarie 1536 Volgelinge van die nuwe Protestantisme is spoedig beskuldig van kettery en teenspraak teen die Katolieke regering. ‘n Algemene Edik om die Hugenote uit te roei word uitgevaardig
1536 Johannes Calvyn publiseer sy Institutio Christianae Religionis (Institusie van die Christelike Godsdiens)

1545 Die Massacre of Merindol vind plaas toe Francis I opdrag gee dat afvallige Waldensiërs in Merindol gestraf moet word

1555 Die eerste Hugenote gemeente word in ‘n huis in Parys gestig en die leringe van Johannes Calvyn word aangehang
25 Mei 1559 Die eerste sinode van die Franse Gereformeerde Kerke word in Parys gehou
28 Januarie1561 Edik van Orléans uitgevaardig wat die vervolging van die Hugenote moes stop
17 Januarie 1562 Die Edik van Sint-Germain is uitgevaardig en dit sou die geloofsvryheid van die Hugenote waarborg
1 Maart 1562 Talle Hugenote word by Vassy (Wassy-sur-Blaise in Champagne) aangeval en doodgemaak en dit is die begin van die Godsdiensoorloë(sien ook hier)

19 Maart1563 Vrede van Amboisbeeindig die eerste godsdiensoorlog
September 1567 Tweede godsdiensoorlog begin
Maart 1568 Die Tweede godsdiensoorlog word beeindig met die Vrede van Longjumeau
Somer 1568 Derde godsdiensoorlog begin
8 Augustus 1570 Vrede van St Germain-en-Laye onderteken waar De Coligny dit regkry dat in twee stede per provinsie vrye godsdiensoefeninge verkry word, benewens die regom 'n aantal veiligheidstede te versterk
23/4 Augustus 1572 St Bartholomeusnag waartydens duisende Hugenote uitgewis is

6 Julie 1573 Vierde godsdiensoorlog eindig met die Vrede van La Rochelle en die Edik van Boulogne

23 Februarie 1574 Die Vyfde godsdiensoorlog begin
Mei 1576 Die Vyfde godsdiensoorlog word beeindig met die Edik van Beaulieu en die Vrede van Monsieur
Desember1576 Die Sesde godsdiensoorlog begin
September 1577 Die Sesde godsdiensoorlog word beeindig met die Verdrag van Bergerac en die Edik van Poitiers
November 1579 Die Sewende godsdiensoorlog begin
November 1580 Die Sewende godsdiensoorlog eindig met die Verdrag van Fleix
31 Desember 1584 Ondertekening van die Verdrag van Joinville
1585 Die Agtste godsdiensoorlog (Die Oorlog van die drie Henri’s) begin
April 1598 Die Agste godsdiensoorlog word beeindig met die Vrede van Vervins
13 April 1598 Ondertekening van die Edik van Nanteswat aan die Hugenote geloofsvryheid en gelyke regte met die Katolieke gegee het

1621-1622 Die negende godsdiensoorlog
1625-1629 Die tiende godsdiensoorlog
1629 Die Genade-Edik van Nîmes word gesluit waar die vryhede van die Hugenote drasties ingekort is
6 April 1652 Maria de la Quellerie arriveer in die Kaap as eerste Hugenoot. Sien hier ‘n lys van Hugenote wat na Suid-Afrika gekom het en ook verdere notas, asook skeepslyste

Oktober 1671 Francois Villion arriveer in die Kaap as die eerste Hugenoot-vlugteling
1685 Jean le Long arriveer in die Kaap
22 Oktober 1685 Lodewyk XIV herroep die Edik van Nantes en verklaar Protestantisme onwettig met die Edik van Fontainebleau
Junie/Julie 1686 Francois en Guillaume du Toit arriveer in die Kaap aanboord van De Vrijheid
31 Desember 1687 Die Voorschoten vertrek uit Delftshaven, Zeeland
6 Januarie 1688 Die Borssenburg vertrek uit Texel
3 Februarie 1688 Die Oosterlandt vertrek vanaf Goree
19 Februarie 1688 Die Schelde seil na Tafelbaai
20 Maart 1688 Die Berg China vertrek vanaf Rotterdam
13 April 1688 Die Voorschoten arriveer in Saldanhabaai, die eerste skip met Hugenote aanboord wat as deel van die amptelike kolonisasie na die Kaap gekom het.
22 April 1688 Die Zuid-Beveland seil na Tafelbaai
25 April 1688 Die Oosterlandt arriveer in Tafelbaai
26 April 1688 Die Voorschoten se passasiers arriveer aan boord van die Jupiter in Tafelbaai
12 Mei 1688 Die Borssenburg arriveer in Tafelbaai
5 Junie 1688 Die Schelde arriveer in Tafelbaai
27 Julie 1688 Die Wapen van Alkmaar vertrek vanaf Texel
4 Augustus 1688 Die Berg China arriveer in Tafelbaai
19 Augustus 1688 Die Zuid-Beveland arriveer in Tafelbaai
9 Januarie 1689 Die Zion seil na Tafelbaai
27 Januarie 1689 Die Wapen van Alkmaar arriveer in Tafelbaai
6 Mei 1689 Die Zion arriveer in Tafelbaai
25 Mei 1689 Die Drie Bergen seil na Tafelbaai
April 1696 Die Vosmaer vertrek uit Holland
Oktober 1696 Die Vosmaer arriveer in Tafelbaai
16 Junie 1699 Die Westhoven arriveer in Tafelbaai
20 Julie 1699 Die Donkervliet arriveer in Tafelbaai
2 Mei 1700 Die Reigersdaal vertrek vanaf Goree
22 Augustus 1700 Die Reigersdaal arriveer in Tafelbaai
1710 Pierre Labuschagne kom na Suid-Afrika op die Verburg
1717 Anna Maria Bacat kom na Suid-Afrika
1718 Jacques Naude kom na Suid-Afrika op die Abbekerk
1723 Jean Blignaut kom na Suid-Afrika op die Huis ten Assenburg
1726 Francois Guilliaume kom na Suid-Afrika op die Berbice
28 November 1787 Die Edik van Verdraagsaamheid/ Edik van Versailles is uitgevaardig wat die regte van die Hugenote gedeeltelik herstel het

14 Julie 1789 Bestorming van die Bastille – dit hang saam met die Franse Revolusie en hou nie verband met die vlug van die Hugenote nie

1874 Die Hugenote Seminarie (latere Hugenote Kollege) word op Wellington gestig

1 Februarie 1882 Die Gedenkschool der Hugenoten word in Dal Josafat geopen
1940 Die Hoërskool Hugenote te Springs word geopen

17 April 1948 Inwyding van die Hugenote Monument te Franschhoek. Die besluit om die monument op Franschhoek te bou het gepaard gegaan met ‘n kompromis tussen die drie aansprakers vir die monument, nl. Paarl, Stellenbosch en Franschhoek. Paarl en Stellenbosch het elk hul eie “gedenkteken” gekry: die Taalmuseum in die Paarl en die fries bo die ingang van die Stellenbosch Stadsaal om die koms van die Hugenote te herdenk.
.
12 Maart 1953 Die Hugenote Vereniging van Suid-Afrika word gestig
1954 Stigting van die Hugenote Hoërskool en die Hugenote Laerskool te Wellington

11 Maart 1967 Die Hugenote Gedenkmuseum word op Franschhoek ingewy deur Staatspresident CR Swart.

1987 ‘n Hugenote Gedenkteken word in die Johannesburg Botaniese Tuin in die voorstad Emmarentia opgerig.

18 March 1988 Die Hugenote-tonnel in die Du Toitskloofberge word in gebruik geneem
|